FUNDING TODAY, HARVESTING TOMORROW
CONNECTING FARMERS TO GROWTH
Wat Doen Harvest Link Capital?
By Harvest Link Capital (HLC) verstaan ons die unieke uitdagings van moderne boerdery. Daarom bied ons pasgemaakte insetfinansiering wat jou toegang gee tot die kapitaal wat jy nodig het vir saad, kunsmis, brandstof, chemikalieë en ander kritieke produksie-insette, presies wanneer jy dit nodig het.
Ons buigsame finansieringsoplossings is ontwerp om by jou produksiesiklus aan te pas. Met seisoen-gesinkroniseerde terugbetalings, help ons jou om kontantvloei doeltreffend te bestuur en op jou oes te fokus.
Wat HLC onderskei, is ons persoonlike benadering. Die hele proses word bestuur deur jou toegewyde verhoudingsbestuurder, wat jou boerdery, uitdagings en doelwitte verstaan. Vanaf die eerste gesprek tot by oes en terugbetaling het jy een betroubare kontakpunt wat die proses eenvoudig, doeltreffend en deursigtig hou.
Met Harvest Link Capital kry jy meer as net finansiering. Jy kry ’n vennoot wat saam met jou belê in ’n suksesvolle oes en volhoubare groei.
Harvest Link Capital. Finansiering wat saam met jou boerdery groei.
Hoekom Harvest Link Capital?
Persoonlike Diens
Persoonlike diens, in jou taal, gelewer deur mense wat die lanboubedryf verstaan en die uitdagings van boerdery eerstehands ken.
Geen Verbande Benodig
Harvest Link Capital vereis slegs 'n sessie op die oes en 'n haelversekeringspolis. Jou bates bly beskikbaar om die groei en uitbreiding van jou boerdery te ondersteun.
Vinnige Omdraaityd
Ontvang terugvoer binne 14 werksdae nadat alle vereiste dokumentasie volledig ingedien is.
VOORDELIGE VERSKAFFERPRYSE
Harvest Link Capital onderhandel namens jou met verskaffers om te verseker dat jy toegang kry tot die beste moontlike pryse op jou produksie-insette.
DEURSIGTIGE PLATFORM
Alle inligting is op een platform beskikbaar vir volledige beheer en deursigtigheid. Volg elke faktuur en transaksie, keur aankope goed, monitor jou insetkoste en sien te alle tye hoeveel van jou kredietfasiliteit benut is, en hoeveel nog beskikbaar is.
'n Finansiële vennoot in jou groei
Ons bied meer as net finansiering. Met Harvest Link Capital kry jy 'n toegewyde vennoot wat saam met jou werk om 'n suksesvolle oes en volhoubare groei vir jou boerdery te verseker.
Harvest Link Capital. Meer as finansiering, 'n vennoot in jou oes.
admin@harvestlinkcapital.co.za